E-mail: scweb@genoeg.co.za

Phone: 083 557 3647

Welcome   Ramsgate Uvongo Rates

Claridges 105 - Ramsgate


100m vanaf die hoofstrand van Ramsgate.
Kinders geniet die waterballonne op Ramsgate se lagune

Geniet ontbyt op die stoep of in die bed in die hoofslaapkamer terwyl jul die branderuitsig geniet en die see hoor en ruik. Vir 'n dag op die strand is jul  net 100m vanaf die hoofstrand van Ramsgate. Hierdie lieflike 2 slaapkamer dubbelverdieping woonstel kan gemaklik 6 ( 4 grootmense 2 kinders) akkommandeer.

'n Gesellige ruim sitkamer met lieflike branderuitsig, TV met gewone kanale 
en 'n groot eetkamer-tafel waar almal lekker sal kan kuier.

Badkamer met 'n bad en 'n handstort en 'n ten volle toegeruste kombuis. 
Gesamentlike braaiplekke (omtrent 5) reg voor die woonstel en in die tuin. 
'n Toesluitmotorhuis of veilige parkering binne in die perseel onder bewaking kan gereel word. Daar is 'n veiligheidshek by die motorhuise en plek vir
venter-waentjies, dit moet net gerëel word.

Vir 'n wittebroodspaartjie wat wandelings langs die verligte hoofstrand  wil onderneem met sonsondergang of lekker gaan uiteet en net mekaar se geselskap wil geniet is hierdie woonstelletjie idiaal.

Binne loopafstand is 'n vis deli, goeie seekosrestaurante, strandwinkeltjies, Spar ens.
Margate se hoofstrand is net 2min se ry (buite seisoen) en Pord Edward 20min.
Daar is verskeie besienswaardighede op pad na Pord Edward soos, padstalletjies, ens.  Mc Banana's heerlike pannekoeke. Verby Port Shepstone is "Lake Eland Natuur reservaat"  en in Durban U'Shaka Marine World





Hosted by SCWEB
© 2011